Konsepte in Rekenaarwetenskap
Programme wat hierdie module bevat
-
- NKR-vlak
- 7
- Jaar
- 1
Voorgeskrewe handboeke
-
Foundations of Computer Science
Forouzan, B.
5de uitgawe, 2023
- ISBN
- 9781473787322
Voorvereiste vir
-
NIWOL152
Inleiding tot Wolkverwerking
-
- NKR-vlak
- 7
- Jaar
- 1
-
-
NMTEG152
Ontluikende Tegnologieë
-
- NKR-vlak
- 7
- Jaar
- 1
-
Beoordelings (1)
Beoordeel hierdie module →-
5/5 Sou aanbeveelJaar 2026
- Dosent
- 5/5
- Handboek
- 2/5
- Moeilikheid
- 4/5
- Werklas
- 14 u/week
- Punt
- 93/100
Baie leeswerk Regverdige nasienNREKO151 bied 'n inleiding tot rekenaarwetenskap. Die module volg meestal die voorgeskrewe handboek. Die inhoud op die Spens is meestal opsommings en uittreksels uit die handboek. Ek skat so 5% van die inhoud op die Spens is nie in die handboek nie en die inhoud op die Spens bevat die Afrikaanse terminologie. Die handboek op sigself is middelmatig en bevat tikfoute. Soms wil dit voorkom of Engels nie die outeur se moedertaal is nie en formules word verkeerd gedruk wat dit onmoontlik maak om te verstaan sonder om dit onafhanklik op die internet te raadpleeg. Die assesserings is billik en as jy alles in die handboek en op die Spens gelees het en al die vasvrae op die Spens kan doen, dan sal jy gemaklik slaag. Ek beveel sterk aan om die langer oefeninge in die vasvrae te doen om berekeninge te oefen, bv. binêre reken.