Onlangse beoordelings
-
BPNPL151
Mere Christianity
2026-07-115/5 Sou aanbeveel Jaar 2026- Dosent
- 5/5
- Handboek
- 5/5
- Moeilikheid
- 5/5
- Werklas
- 14 u/week
- Punt
- —
Boeiende lesings Regverdige nasienEk het die boek gelees, maar ek kon soms in die assessering nie die vrae verbind met enigiets wat ek kon onthou nie, dan het ek maar geraai of teruggegaan en gaan kyk of ek die antwoord kan kry (die assesserings is oopboek en gebruik nie Proctorio nie). Eers later het ek agtergekom 'n mens kan die DA's meer as een keer probeer (nie seker oor die HA's nie). As ek die module oor sou doen, sou ek meer notas geneem het terwyl ek die boek gelees het.
-
NPRKO151
Programmeringkonsepte
2026-07-115/5 Sou aanbeveel Jaar 2026- Dosent
- 5/5
- Handboek
- 5/5
- Moeilikheid
- 1/5
- Werklas
- 14 u/week
- Punt
- 98/100
Regverdige nasienMaklike praktiese module, veral as jy reeds ervaring het met programmering. Van die inhoud behels hoe om 'n program in 'n IDE te skryf, waar om die program te stoor, hoe om dit te kompileer, ens. Die programmering in die assesserings tel vir 'n groot deel van die punte en as jou program kompileer en die probleem oplos, dan slaag jy so te sê reeds. Ek het die meeste van my punte in die multikeusevrae verloor. Ek beveel ten sterkste aan dat alle assesserings voltooi word, al voel jy onvoorbereid, want soms is die assesserings makliker as wat jy verwag. Dit het my 'n paar keer oorgekom dat ek tydens die assessering die naam van 'n metode vergeet het, maar dan word die metode in 'n ander vraag gebruik, sodat ek kan teruggaan en tog die vraag beantwoord.
-
NREKO151
Konsepte in Rekenaarwetenskap
2026-07-115/5 Sou aanbeveel Jaar 2026- Dosent
- 5/5
- Handboek
- 2/5
- Moeilikheid
- 4/5
- Werklas
- 14 u/week
- Punt
- 93/100
Baie leeswerk Regverdige nasienNREKO151 bied 'n inleiding tot rekenaarwetenskap. Die module volg meestal die voorgeskrewe handboek. Die inhoud op die Spens is meestal opsommings en uittreksels uit die handboek. Ek skat so 5% van die inhoud op die Spens is nie in die handboek nie en die inhoud op die Spens bevat die Afrikaanse terminologie. Die handboek op sigself is middelmatig en bevat tikfoute. Soms wil dit voorkom of Engels nie die outeur se moedertaal is nie en formules word verkeerd gedruk wat dit onmoontlik maak om te verstaan sonder om dit onafhanklik op die internet te raadpleeg. Die assesserings is billik en as jy alles in die handboek en op die Spens gelees het en al die vasvrae op die Spens kan doen, dan sal jy gemaklik slaag. Ek beveel sterk aan om die langer oefeninge in die vasvrae te doen om berekeninge te oefen, bv. binêre reken.